Band’s Press Release
Anton Goosen:
Anton Goosen het ‘n lang pad gestap vandat hy as student per trein gereis het van Heidelberg waar hy studeer het, na Oos-Londen om ‘n 15-minute set te doen by ‘n plaaslike verskeidenheidskonsert. Die jong Anton Goosen het hoofsaaklik Engelse covers gespeel en dit is nie bekend of enigeen in die gehoor besef het watter impak Anton op die Suid-Afrikaanse musiekbedryf in die algemeen en meer spesifiek die Afrikaanse musiekbedryf gaan hê nie.
Daar was sekerlik skeptici. Reeds in std. 9 het ‘n skoolsielkundige vir hom gesê dat daar geen toekoms vir hom in musiek is nie. Dit was na hy op skool begin musiek speel het, sterk be?loed deur liedjies soos johnny b. goode van Chuck Berry, I can’t get no (satisfaction) van die Rolling Stones en She loves you van die Beatles.
Na skool met geen onmiddellike musikale loopbaan in die vooruitsig nie het hy homself as onderwyser bekwaam en ook dan onderwys by St. Stithians gegee terwyl hy saans in kroeë speel. Tydens sy termyn by St. Stithians skryf hy ‘n musiekbly
spel Jantjie wat deur die leerlinge opgevoer word.
Anton verlaat die onderwys in 1976 en begin as deeltydse resensent by die nuutgestigde Beeld werk. Hy gee in die tyd ook kitaarklasse en pottebakkeryklasse. Sy eerste onderhoud as beeld se musiekresensent was met die relatief onbekende Sonja Heroldt, wie se Ek verlang na jou toe pas begin het om gewildheid te verwerf. Tydens die onderhoud noem anton aan sonja dat hy ook liedjies skryf en na sy hom by sy huis besoek het, en deur sy liedjieversameling geblaai het, kies sy Jantjie om te sing en dit word haar tweede groot treffer.
Dit was die begin van ‘n suksesvolle werksverhouding wat vir byna vier jaar geduur het. Anton het in die tyd byna eiehandig al die musiek vir Sonja se albums geskryf. Waterblommetjies, Harlekyn, Hanoverstraat, Trein na Matjiesfontein, Ta’ Mossie se sakkie-sakkie boeredans en Oberammergau is net van die treffers waarmee Sonja Heroldt die treffersparades en toekenningsaande verower het.
Anton skryf nie net vir Sonja nie, maar skryf ook liedjies soos Hoeka toeka vir Carike Keuzenkamp, Straattroebadoere en Atlantis vir Laurika Rauch terwyl Richard Clayderman en Francis Goya beide Waterblommetjies opneem.
In 1979 skryf Anton die temamusiek vir die rolprent Pretoria o Pretoria. Die temalied uit di?olprent, die oorspronklike weergawe van Kruidjie-roer-my-nie word binne vier dae na uitreiking verbied. Dit begin ‘n lang reeks van SAUK inperkings vir Anton Goosen. Anton herskryf die lirieke van kruidjie en die kortspeler van nuwe liefdesweergawe verkoop 40 000 eenhede. (Terloops die b-kant van die kortspeler was Waterblommetjies). Hierdie is die eerste kommersieël suksesvolle opname van Anton Goosen.
In dieselfde jaar reik hy sy eerste album uit, wat ook die eerste Afrikaanse album ooit deur ‘n sanger was wat sy eie liedjies in Afrikaans geskryf het. Die inspirasie het gekom nadat Chris Kritzinger in sy kantoor teenoor vir Anton gesê het dat hy ‘n album moet maak; iets soos Donovan.
Boy van die suburbs verkoop 80 000 eenhede – gewis nie sleg vir iemand wat geen toekoms in musiek het nie. Op die album breek Anton nog nuwe grond vir Afrikaans. Blommetjie-gedenk-aan-my word algemeen beskou as die eerste rocksong in Afrikaans en die rigting wat Anton hierna ingeslaan het besorg later aan hom die eretitel “Vader van Afrikaanse rock”.
Maar Anton het nie net die musiek van rock na Afrikaans gebring nie. Die protes teen die status quo wat altyd onderliggend aan rock is, was ook deel van Anton Goosen se bydrae. Antjie Somers en Hanoverstraat is van die eerste liedjies in Afrikaans wat teen gedwonge verskuiwings geprotesteer het. Mpanzaville opgeneem deur Laurika Rauch dra sterk verwysings na die Soweto-onluste. Die ATKV verbied Anton om by hulle verhoë op te tree na hy grappies tydens ‘n crescendo-optrede in die Stadskouburg oor die nasionale vlag gemaak het. Die verbod word later onder druk opgehef. Hy skok ook die gehoor by ‘n kulturele konsert by Unisa toe hy met ‘n rockband opdaag vir sy optrede. Sowat 300 van die 1200 mense in die gehoor loop uit tydens die drom-solo.
In samewerking met onder andere Laurika Rauch, Koos du Plessis en Clarabelle van Niekerk begin Anton in 1979 die musiek en liriekbeweging. Dit is al oor die tydperk gesê dat Afrikaanse musiek in twee kategoriee verdeel kan word. Dit wat voor Anton Goosen gebeur het en dit wat na Anton Goosen gebeur het. Hy wen ook twee Saries in die tyd.
Anton verlaat later die musiek en liriek beweging en vir meeste van die tagtigs sal hy voortbou op die rockgrondslag wat in die laat sewentigs gelêë is. Uitgebreide toere deur Suid-Afrika en Namibië volg in die tagtigs en hy verkoop oor die 400 000 plate.
Willim Welsyn:
Willim Welsyn en die Sunrise Toffies
Willim Welsyn en die Sunrise Toffies is ’n Sonskyn Rock-trio uit die kaap. Die groep bestaan uit Willim op stem en kitaar, Gerhard Grobler op baskitaar en Etienne Nel die woelige tromspeler. Hulle is bekend vir hulle kopwegblaas vertonings en vir die groot sound wat hulle as ‘n driestuk rockgroep kan opdis. Hulle tweede album, Kompos en Kraai, is benoem vir ’n SAMA-toekenning vir beste Afrikaanse Rock Album in 2009.
Na Kompos en Kraai launch Willim sy tweede solo album “Maanplaas”. “Maanplaas” is ’n sexy ’n mengsel van Country-, akoestiese-, elektriese- en liefdes klanke. “Die album is ’n sonic soundtrip wat strek van die donker dele van ‘n plaas al die pad tot by die maan. Imagine ‘n cowboy op ‘n perd wat uit die stad uit ry tot in die platteland en hy slaap die aand in ‘n veld onder ‘n held
er maan. Die soundtrack van sy drome sal Maanplaas wees,” verduidelik Welsyn.
“Maanplaas” het al vele uitstekende resensies ontvang nog voor dit uitgereik was en is vir ’n 2010 SAMA Toekenning benoem in die Beste Afrikaanse Altarnatiewe Album Katogorie. Die album is ook benoem vir ’n 2010 Rapport Vonk Toekenning in die Beste Afrikaanse Altarnatiewe Album Katogorie. “Maanplaas” wen ook die 2010 Huisgenoot Tempo Toekenning vir die Beste Kopskuif Album.
In Mei 2011 launch Willim sy derde solo album, “Smeer die Weerlig” wat met sy giftige oldschool rock-klanke in kontras staan teen die rustige “Maanplaas”. Die album is ’n kosmiese reis deur twaalf oorspronklike rocksnitte met obskure liriese temas.
Welsyn en producer, Jo Ellis, het ouskoolse rock tegnieke toegepas met die album se recording. Welsyn en die Sunrise Toffie, Etienne Nel, het die kitaar en tromme sommer live opgeneem sonder ’n click track om daai dringendheid te skep wat ouens soos Led Zepplin, CCR en The Beatles op hulle albums het. Die album is ook op tape opgeneem, i.p.v ’n P.C. computer. Hier en daar hoor mens ’n orrel wat mens herrinner aan Deep Purple en Pink Floyd, dus klink “Smeer die Weerlig” so reg uit die 70`s. “Smeer die Weerlig” word benoem vir beste Rock Album by die Huisgenoot Tempo toekenning in 2011.
Natasha Meister:
Biography
Singer/songwriter, Natasha Meister has become our very own Blues Queen in the 2 short years since returning from Canada to her ancestral home in Africa. At only 20, she has made a huge impact on discerning SA audiences, especially in the blu
es/funk niche. Natasha has a great bluesey, Motown voice, plays phenomenal electric and acoustic guitar and is a gifted songwriter.
Soon after her arrival in Cape town she attracted the attention of veteran songwriter Tim Parr, who gave her some initial introductions and opportunities. It didn’t take long for offers from the Cape’s best musos to flow and soon the Natasha Meister Band was formed with drummer Paul Tizzard and Roger Bashew on bass. This trio is currently SA’s hottest blues property.
Their combination of blues standards, inspired by the likes of Stevie Wonder, B.B. King, Aretha Franklin, and Stevie Ray Vaughan, plus Natasha’s own songs soon became popular and these early gigs paved the way for invitations to festivals such as the Oyster & Champagne Festival, Table Mountain Blues Summit, Synergy Live, Kleinmond Big Blues Music Festival, and Splashy Fen.
Soon after her first overseas tour in Dubai with Jimmy Thomas, Michael Roach and The Crossroads band, Natasha became South Africa’s first woman to be endorsed by Fender.
Natasha’s recently released You Tube/Facebook videos are creating a big stir locally and abroad. She was endorsed by Lakewood Guitars in Germany after just one viewing of the video clips by luthier, Martin Seeliger.
Her first album ‘Halfway, Natasha Meister band’ produced by Roger Bashew and consisting entirely of her own compositions, has just been completed and is available as an indie release.
